Amerikaners

Maandag, 16 april 2001
In Keukenhof (keukenhof.nl/...) loop al wat nasionaliteit is rond. Dit begin reeds in die bus van Leiden af. (keukenhof.nl/.../bereikbaar...). As Hollander voel ek skoon soos 'n buitelander tussen die Afrikaners, die Chinese, Japannese, Duitsers en 'n enkele Amerikaner.

De meeste van die besoekers weet hoe om hulle te gedra. Daar is slegs één uitsondering, één volk wat uitstaan, helaas in 'n negatiewe sin: Die Amerikaners. Amerikaners kan stilte nie verduur nie. Hulle moet raas en verkieslik op 'n hoogs irriterende manier.

Volume

Amerikaners twang luidkeels. Duidelik is hulle onder die indruk dat die res van die wêreld in spanning sit en wag op hulle opinie.

Vergeet dit. Ander nasies kan heel goed vir hulleself dink. Wenk vir Amerikaners: Mens praat net hard genoeg dat die persoon met wie jy praat jou kan hoor.

Domheid

Amerikaners leer van kindsbeen af to express themselves (ufic.ufl.edu/.../americans...). Helaas. Tog jammer dat die opleiding nalaat om die belangrikste voorvereiste vir die uitspreek van 'n opinie, sinvolle inhoud, ook aan te leer. Die gemiddelde Amerikaner het weinig om te sê, geen mening wat die moeite werd is om met die res van die wêreld te deel nie.

Tipiese opmerkings:

  • Oh look, there is a path!
    Wat 'n verassing! Keukenhof is uitsluitlik 'n skoutuin. Vir besoekers. Wat daardeur moet loop. En wat met hulle eie twee oë kan sien. En ja, ook wandelpaadjies het waar hulle vandaan kom. Hulle het nie 'n Amerikaner nodig om dit uit te wys nie.
    Waarom die Hollanders
    almal
    bespot:

    (Bol.com/...)
  • Oh look, isn't that like beautiful?.
    Wel, wat verwag jy? Keukenhof is gemaak om mooi te wees. Dit is hoekom mense dit in hulle hordes besoek.
  • Oh look, isn't that like amazing?.
    Nee! Die hele kontinent ken skoonheid as hulle dit sien. Dit is deel van ons kultuur, nie iets verbasingwekkend. Dit is hoekom ons al vir eeue skilderye, blomvelde en pragtige argitektuur het. As dit vir jou te veel is, doen ons almal 'n guns, bly in jou eie lelike land en kyk TV.
Wenk vir Amerikaners: Hou jou mond toe totdat jy regtig iets het om te sê. En dit beteken dat iemand moet belangstel in wat jy te sê het.

Toets: Sou 'n Hollander $5 betaal om jou opmerking te hoor? Nie? Hou dan jou mond, asseblief.

Taal

'n Amerikaner praat geen tale nie, nie eers sy eie nie.

'n Hollander wat 'n ander land besoek sal 'n poging aanwend om ten minste 'n paar woorde in die vreemde taal te praat. Meer nee, nie Amerikaners nie. Die enigste geluide wat hy uiter is sy knaende Amerikaanse "Engels". Dis iets vreesliks, 'n stroom van sitcom one-liners sonder enige subtiliteit of intelligensie. Dit is werklik nie iets om aan te hoor nie.

Tot volgende week,
Henk Jan Nootenboom

Verwante verhalen

Baie dankie aan Antoinette Coetzee vir haar vertaling na Afrikaans.